Meer oor “Wiskunde Anibrand Graad 9 Vraestelboek met Memos”.
Die graad 9 Wiskunde Anibrand Eksamen Vraestelboek bevat volledige hersiening vir die Junie eksamen en dek al die graad 9 werk wat voorgeskryf word vir die eerste 2 kwartale. Dit bevat ook volledige hersiening met vraestelle vir die “National Annual Assessment” eksamen. Verder bevat dit 10 volledige vraestelle ter voorbereiding vir die November eksamen. Hierdie vraestelle dek al die graad 9 werk – soos wat dit in die November eksamen geëksamineer word. Vir elk van die 10 vraestelle is daar ‘n volledig uitgewerkte en verduidelikende memorandum. Die boek beslaan ongeveer 300 bladsye.
Hierdie vraestelle dek ook die vrae wat in departementele graad 9 Junie-, ANA- en November vraestelle voorgekom het vanaf 2010 tot 2019. Dit is uiters volledig en bied uitstekende voorbereiding vir graad 9 leerders vir die Junie-, ANA- en November eksamens.
Hierdie boek is die antwoord vir alle graad 9 leerders wat wil presteer in die Wiskunde Junie-, ANA- en November eksamens.
The product has been added to your shopping cart.