Graad 12 Notaboek (Opgedateer vir 2019)

Graad 12 Notaboek (Opgedateer vir 2019)
  • (5)

Size: 9.0 MB
Share on facebook Share on twitter Share via email Share on pinterest

Die graad 12 Wiskunde Anibrand Notaboek is in 2010 voltooi en behandel die volledige graad 12 KABV Wiskunde sillabus.


Die huiswerk probleme is so opgestel dat dit alle leerders help om eers  die basiese begrippe vas te lê. Daarna volg probleme wat insig vereis en uitdagings bied aan leerders wat uitnemend wil presteer.  Die Graad 12 Wiskunde Anibrand Antwoordboek verskaf volledig uitgewerkte, verduidelikende antwoorde op al die huiswerk probleme.


Ek gebruik hierdie notas die afgelope 8 jaar in my klasaanbieding vir die graad 12 leerders.  Dit stel my in staat om die notas  konstant te verbeter, soos wat ek dit in die klassituasie as nodig ervaar.


My notas is op hierdie stadium so volledig en werk so suksesvol, dat ek geen ander materiaal vir my graad 12 Wiskunde- onderrig benodig nie. Ek behaal uitstekende resultate  met leerders in alle prestasievlakke.


Hierdie boek , saam met die Wiskunde Anibrand graad 12 Antwoordboek, die graad 11 Notaboek en Antwoordboek asook die Teorieboeke en Vraestelboeke, is die antwoord vir alle graad 12 leerders wat wil presteer in Wiskunde en ook vir alle Wiskunde onderwysers wat sonder moeite ‘n kwaliteit Wiskunde klasaanbieding vir leerders wil bied.

empty
2 / X

Available Licenses

US$ 11.13